Bedieninge
As deel van ons gemeente se hart is daar verskeie bedieninge waar mense betrokke kan raak. Sien onderstaande huidige bedieninge en kontak ons as jy graag by een van die areas betrokke wil raak.

Lofdans
Daar is 'n paar geleenthede per jaar waar 'n dans in geoefen word vir 'n spesifieke erediens of uitreik. Geen vorige ervaring word vereis nie - net 'n gewillige hart. Mans, vroue - oud en jonk is welkom!

Lof & Aanbidding
Musiekinstrumente, sangers. Grotendeels op 'n aflosbasis betrokke by Sondag eredienste.

Klank & Projektor
Opstel en bedryf van klanktoerusting tydens eredienste of funksies (op 'n aflosbasis). Hantering van dataprojekter en rekenaar tydens eredienste.
Vorige ervaring welkom, maar nie 'n vereiste nie.

Kleuters
Kleuterbediening tydens erediens. Voor- en laerskool ouderdom. Daar is 'n program wat gevolg word.

Gasvryheid
Mooimaak tydens eredienste en funksies (blomme, lappe ens).

Uitreike
Raak berokke by uitreike of hulplyn ondersteunings - bv Tygerberg104fm.